Upington-vrou vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – ‘n Bejaarde is Maandag in haar huis op Middelpos in Upington vermoor.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê ‘n familielid van die vrou (80) het Maandagmiddag op haar liggaam in haar huis afgekom.

Sy is vermoedelik tussen 12:00 en 13:00 vermoor.

Kock sê sy het wonde aan haar nek en haar gesig gehad.

Die polisie is tans na die aanvallers op soek en vra dat enigeen met inligting oor die moord vir a.o. Steven Roos by 082 693 7130 kontak.