April 19, 2021

Polisie haal oorskot van onbekende man uit rivier

BLOEMFONTEIN. – Die polisie in die Vrystaat het ’n doodsondersoek begin nadat die lyk van ’n onbekende man in ’n rivier gevind is.

Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die oorskot van ’n man tussen 30 en 40 jaar oud is die naweek uit die water gehaal. Die lyk is deur ’n hengelaar gesien dryf. Mbambo sê duikers het dieselfde dag die lyk uit die Oranjerivier verwyder. Volgens haar het die man geen identifikasie gehad nie en hulle weet nie hoe hy in die rivier beland het nie.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: