December 2, 2020

Vyf beseer toe bus in betonstruktuur vasry

GAUTENG. – ’n Bus het vanoggend omstreeks 08:04 teen ’n betonstruktuur vasgery toe die drywer na bewering beheer oor die bus verloor het.

Netcare 911 het na die toneel in Chilversstraat in Denver, Johannesburg uitgegaan.

Vyf passasiers van die bus is op die toneel ondersoek en nadat hulle gestabiliseer is, per ambulans na die hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *