WES-KAAP. – Die ag maande oue baba is in die Rooikruis-hospitaal met kopbeserings opgeneem. Die baba het ook interne beserings, kneusplekke en bytmerke op sy lys gehad.
In hegtenis geneem
’n Paar ure nadat die baba by die hospitaal opgeneem is, het hy aan sy beserings beswyk. Sy ouers, Ricardo Isaacs (32) en Catherine (31) is dieselfde dag in hegtenis geneem. Die ouers het Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof op aan klag van moord verskyn.
Die staat sê die baba is ongeveer op 11 November aangerand en vir die dood agtergelaat. Hy is eers twee dae na die aanranding na die hospitaal vir behandeling geneem.
In aanhouding bly
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê die saak is tot 22 Januarie 2021 vir verdere ondersoek uitgestel. Die twee gaan in aanhouding bly.
Volg FiND iT hier.



