JOHANNESBURG. – ’n Man wat van sy vrou se moord beskuldig word, het vandag in die Brits-landdroshof verskyn. Hy het haar glo eers as vermis aangemeld.
Sicelo Gumede (34) sal tot Donderdag in aanhouding bly wanneer hy vir borg sal aansoek doen. Daar word beweer Zanele Gumede se lyk is langs die hoofpad in Mooinooi deur ’n verbyganger opgemerk. Die persoon het dadelik die polisie ontbied.
Van moord aangekla
Haar lyk het glo verskeie steekwonde gehad en haar keel is met ’n onbekende voorwerp oopgesny. Die verdagte is glo na die toneel gebring en het die lyk as sy vrou geïdentifiseer. ” Die polisie van hier sê na ’n deeglike polisie-ondersoek is Sicelo in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die motief van die voorval moet nog bepaal word. Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT hier.



