December 2, 2020

Man skiet glo vrou en toe homself

NAMIBIË. – ’n Man (47) het glo vanoggend omstreeks 02:30 in Rehoboth-woongebied, blok F, sy vrou (38) en toe homself geskiet.

Die man het glo sowel sy vrou en homself in die kop geskiet. Die man het op die plek gesterf en sy vrou is in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Windhoek gehaas.

Op hierdie tydstip is dit nog nie duidelik waaroor die geskil tussen die twee gegaan het nie. Die polisie-ondersoeke duur voort.

Lees meer stories hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *