KYK: Te perd van Brits tot Bloemfontein vir plaasmoorde

Indien jy tussen Brits en Bloemfontein reis moet jy uitkyk vir twee mans op perde wat met wit vlae ry. Gideon van Tonder en Patrick David ry op hulle perde vanaf Brits na Bloemfontein vir bewusmaking van plaasmoorde. Hulle twee het die reis vier dae gelede aangepak.

“Ons het nou maar eers begin met die reis. Vandag is ons eerste rusdag. Ons doen so ongeveer 30 km ’n dag vir drie dae. Die vierde dag is dan ons rusdag. Ons gaan so aanhou tot ons in Bloemfontein aankom,” sê Van Tonder. Hy sê hulle beplan om die reis teen 16 Desember te voltooi.

Bewusmaking van plaasmoorde

“Die groot doel van hierdie reis is om mense bewus te maak van plaasmoorde.”

Van Tonder sê mense wat verby hulle ry is welkom om te stop, vir hulle iets koud aan te bied of self net die toeter in die vergaan te druk. “Om ondersteuning op die pad te ontvang is baie lekker, dit moedig mens weer aan.”

Van Tonder en David se reis kan op Facebook en Instagram gevolg word.

Kyk na die video hier:

https://fb.watch/1Poz0ZwjyR/

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: