Hennenman-moorde: Verdagtes laat vaar borgaansoek

Foto: NewsLite SA

VRYSTAAT – Die verdagtes in die Hennenman-moordsaak het Maandagoggend in die Hennenman-landdroshof verskyn. Dié twee het besluit om hulle aansoek om borgtog te laat vaar.

Tshido Patrick Bochedi (36) en Mojalefa Modise (38) sal 9 Desember weer in die hof verskyn.

Dié twee word aangekla van die moord op Pieter Hills en sy seun, Pieter. Die aanval het meer as ’n week gelede op die Swartpan-plaas net buite Hennenman plaasgevind.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het bevestig die twee sal in aanhouding bly tot hulle weer in die hof verskyn.

Volgens OFM het ongeveer 400 boere vanoggend op Hennenman bymekaargekom as deel van ’n vreedsame optog teen die toestaan van die verdagtes se borgaansoek. Debbie Els, een van die voorloper-aktiviste vir plaasmoorde, het ‘n regstreekse video van die byeenkoms uitgesaai.

Verskeie paaie na en van die hof is met lemmetjiesdraad afgesper.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *