Fietsryer dood, een beseer na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

ATLANTIS – ‘n Saak van strafbare manslag en dronkbestuur word ondersoek na ‘n fietsryer dood en nog een beseer is toe ‘n BMW Sondag in ‘n ongeluk met die fietsryers betrokke geraak het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die voorval het om ongeveer 07:45 op die Weskuspad naby Atlantis plaasgevind.

“Een van die fietsryers, ‘n 38-jarige man, het aan sy beserings beswyk en die ander fietsryer, ‘n 55-jarige man, is na ‘n hospitaal geneem,” sê Rwexana.

Die bestuurder van die BMW (28) is in hegtenis gebeem en sal binnekort in die Atlantis-landdroshof verskyn.