Waterveiligheid, keer so dat iemand nie verdrink nie

Oral hoor mens van kinders of selfs volwasse mense wat verdrink. Daar is wel ’n paar veiligheidsmaatreëls wat mens kan volg om so ‘n situasie te verhoed.

Met die somer wat naderkom gaan al hoe meer mense met water inkontak kom. Die polisie het ’n paar riglyne uiteengesit wat ouers en volwassenes kan volg om te voorkom dat iemand verdrink.

Veiligheidsmaatreëls

  • Moet nooit alleen gaan swem nie.
  • Hou toesig oor kinders wat in die water is.
  • Moenie speletjies speel waar jy kyk hou lank jy jou asem onder die water kan ophou nie.
  • Dra altyd ‘n reddingsbaadjie wanneer jy leer swem.
  • Moenie net in die water spring as iemand in gevaar is nie.
  • Stap altyd eerste in die water in.
  • Bly van dreine, watergate, riviere en damme af weg.
  • Moenie swem as jy onder die invloed van alkohol, sterk medikasie of bedwelmd is nie.
  • Moenie emmers of baddens gevul met water sonder toesig laat as klein kinders daar is nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: