KYK: Groot ontploffing laat gat in pad

Foto: Verskaf

MPUMALANGA. – ’n Vragmotor het laat Donderdagaand naby Delmas ontplof en het ’n groot gat in die pad gelos.

Kol. Donald Mdhuli, polisiewoordvoerder, sê die ontploffing het om 22:00 op die R50 tussen Leslie en Delmas gebeur. Mdhuli sê die vragmotor het na bewering aan die brand geslaan en ’n kort ruk daarna ontplof. Hy sê die vragmotor het heeltemal uitgebrand en groot skade is aan die pad aangerig.

Wrakstukke lê oral gesaai

Verskeie ander voertuie is tydens die voorval beskadig. Opruimingspersoneel was steeds Vrydagoggend besig om wrakstukke wat oral gesaai lê het, op te tel. Die oorsaak van die ontploffing word ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: