February 26, 2021

Polisiebeampte tweede keer in hegtenis na hy glo wéér verkrag

Foto: 2OceansVibe

VRYSTAAT – ’n Polisiekaptein van die Vrystaat wat vantevore op aanklag van verkragting in hegtenis geneem is en op borgtog vrygelaat is, is wéér in hegtenis geneem oor hy glo twee vroue en ’n 11-jarige verkrag het.

Dié polisiekaptein was by die Mfube-polisiekantoor se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gevestig.

Volgens Ndileka Cola, woordvoerder vir die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat, sê die kaptein is aanvanklik op 22 September op aanklag van verkragting in hegtenis geneem voor hy op 25 September op borgtog vrygelaat is. Hy is toe weer op 28 Oktober in hegtenis geneem.

Die kaptein het glo die vroue en die 11-jarige seksueel aangerand en verkrag toe hy hulle sake ondersoek het na hulle reeds verkrag en seksueel aangerand is.

Die kaptein word vir uitbuiting, korrupsie, seksuele gereedmaking, vervalsing, seksuele aanranding en bedrog aangekla.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: