February 25, 2021

Man dien klag in teen joernalis wat plaasmoordkruis brand

Foto: Facebook

AfriForum sê hulle ondersteun die man wat ‘n klag teen die joernalis, wat ‘n kruis vir al die slagoffers van plaasmoorde afgebrand het, ingedien het.

Aan die brand gesteek

“Die eienaar van die afgebrande wit kruis gaan ’n saak van opsetlike saakbeskadiging teen Nick Motloung lê,” het AfriForum aan FiND iT bevestig. Motloung het die kruis verlede Maandag aan die brand gesteek deur ’n band met vlambare vloeistof teen die kruis neer te sit en dit aan die brand te steek. Die voorval is deur ’n vrou afgeneem wat hom aanmoedig het en dit het op sosiale media versprei.

Sterk teen plaasmoorde

’n Paar dae na die video oral op die internet te vinde was, het Motloung verduidelik waarom hy dit gedoen het. Motloung sê hy het die kruis aan die brand gesteek na ses plaaswerkers deur rubberkoeëls geskiet is. Hy het verder gesê hy is wel sterk teen plaasmoorde, maar mense moet ook aandag aan plaaswerkers gee wat mishandel en misbruik word. Hy het ook glo in ’n video om verskoning gevra en gesê hy besef baie mense is seergemaak.

Nie ongesiens verbygaan nie

“Hierdie lighartige, wederregtelike en ondeurdagte optrede mag nie ongesiens verbygaan nie. Suid-Afrika gaan gebuk onder ’n vlag van plaasmoorde wat hartseer en pyn tot gevolg het,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: