Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het volgens dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, oornag met 2 338 meer geword. Daar is nou 744 732 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 076 en 690 903 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 063 457 toetse vir die virus doen.



