February 28, 2021

Suid-Afrikaners kan dié naweek al drank koop

Foto: Africa Check

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag die gewysigde regulasies in die Staatskoerant gepubliseer ná president Cyril Ramaphosa gister die nuwe regulasies aangekondig het.

Suid-Afrikaners sal hierdie naweek al alkohol kan koop, aangesien die nuwe regulasies vannag om middernag in werking sal tree.

Drank mag nou weer op normale ure verkoop word. Restaurante mag steeds nie na twaalfuur, wanneer die aandklokreël in werking tree, drank verkoop nie.

Verder sluit die nuwe regulasies in dat reis nou toegelaat sal word na lande wat aan die Covid-19-regulasies voldoen. Reisigers sal egter slegs mag vlieg wanneer hulle ’n sertifikaat kan toon om te bewys dat hulle negatief vir die Covid-19-virus getoets het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: