Man, vrou en familielid (16) glo deel van ontvoering en moord op meisie (9)

GAUTENG. – Die liggaam van ’n negejarige meisie is in ’n kamer van ’n snoepwinkeleienaar se familielid (16) gevind nadat sy vroeër die dag deur haar ma as vermis aangemeld is.

Volgens die ma van die dogtertjie het sy haar omstreeks 07:00 na die nabygeleë snoepwinkel gestuur, maar sy het nooit teruggekeer nie.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê by die snoepwinkel kon die 16-jarige verdagte wat daar uitgehelp het, nie bevredigende antwoorde gee nie. “Dit is toe dat die soektog uitgebrei is na sy kamer waar die liggaam van die negejarige meisie met ’n steekwond aan die bolyf, toegedraai in plastiek, gevind is.”

Die minderjarige verdagte en die snoepwinkeleienaar (36) is daarna albei in hegtenis geneem. Die snoepwinkeleienaar se vrou (27) is ook later in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *