February 28, 2021

Meisie (14) nie dood weens aanranding soos op video nie

Foto: Shutterstock

NOORD-KAAP. – ’n Video waarin Thuto Moitse (14) van Kimberley rondgegooi en gewurg word, doen op sosiale media die rondte. ’n Nadoodse ondersoek het egter getoon sy is dood omdat sy ’n onbekende middel ingekry het.

Gekla van maagpyn

Op Vrydag 6 November het die oorledene met ‘n seun (15) baklei, wat haar gewurg het. Sy is ook na bewering deur die pa van die seun gewurg. Die geveg is glo gestaak en die slagoffer is huis toe. Op Saterdagaand 7 November het die oorledene gekla van maagpyn en is op Sondag 8 November in die hospitaal vir behandeling opgeneem. Sy is op Maandag 9 November oorlede. ’n Nadoodse ondersoek is gedoen.

Die nadoodse ondersoekresultate dui die oorsaak van dood as orgaanversaking as gevolg van die vertering van ‘n onbekende stof aan.

Op sosiale media versprei

Die video wat op sosiale media versprei word, wat wys hoe ‘n meisie op die vloer gegooi word, is nie dié van die oorledene nie. Dit is deur haar ouers bevestig, sê brig. Mohale Ramatseba.

Die waarnemende provinsiale kommissaris het die verspreiding van vals nuus ten sterkste veroordeel omdat dit die emosies van die gemeenskap gaande maak.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: