Lodge-eienaar na bewering in gesig geskiet

Foto: we can stop the genocide

KWAZULU-NATAL. – Patrick Craig Pedlar, ’n lodge-eienaar van Kosibaai, is dood nadat hy glo drie keer in sy motor in die gesig geskiet is.

Die nuus het vinnig op Facebook versprei met medelye wat ingestroom het. Tydens die voorval het Pedlar glo eers teruggeveg en het na bewering een van die ​​verdagtes gewond en ‘n ander verdagte is glo dood. Hy is glo daarna in die gesig geskiet. Hy is na Munguzi-hospitaal geneem waar die dokters heelnag probeer het om hom te red. Hy het vanoggend aan sy wonde beswyk.

Foto: Facebook

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: