Noord-Kaap
Baie warm in die westelike binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm in die verre ooste. Gedeeltelik bewolk oor die oostelike dele later die dag met enkele donderbuie in die noordooste.
Kimberley: 15°C tot 30°C
Vrystaat
Miskolle in die ooste in die oggend waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.
Bloemfontein: 13°C tot 29°C
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die middag.
Pretoria: 15°C tot 26°C
Limpopo
Aanvanklik bewolk ion die ooste met miskolle en ligte reën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die weste later die dag.
Polokwane: 14°C tot 24°C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend in die Laeveld. Mistig in die Hoëveld met ligte reën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie later die dag.
Mbombela: 15°C tot 22°C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit sonnig en warm wees. In die oostelike dele sal dit bewolk en koel langs die kusgebiede wees, andersins sonnig en warm.
Port Elizabeth: 15°C tot 24°C
Wes-Kaap
Sonnig en warm tot baie warm, maar koel langs die suidkus.
George: 13°C tot 26°C
KwaZulu-Natal
Mistig op plekke in die binneland in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm, maar bewolk langs die kusgebied en die aangrensende binneland.
Durban: 17°C tot 22°C
Noordwes
Sonnig en warm.
Vryburg: 15°C tot 30°C



