Wat Biden anders as Trump wil doen

Deel hierdie storie / Share this story

Joe Biden, nuutverkose president van die VSA, sal na verwagting wanneer hy volgende jaar as president optree, die volgende aspekte van Donald Trump se beleid omkeer.

Biden sê in ‘n verklaring hy ondersteun aborsie. Biden meen dis ’n vrou se reg en eie keuse of sy haar baba wil laat aborteer of nie.

Nog beleidsrigtings waaraan Biden na president Donald Trump se termyn wil verander, sluit die herstel van buitelandse betrekkinge in.

Daar lê vir Biden uitdagings voor wat die VSA se betrekkinge met China aanbetref, berig The New York Times. Biden het in sy 2020-veldtog ’n ietwat negatiewe beeld van China se leier, president Xi Jinping, geskep en hom onder andere ’n ‘boef’ genoem.

Sy administrasie sal na verwagting na die WGO terugkeer met die doel om ’n internasionale reaksie tot die Covid-19-pandemie te lei.

Biden het al telkemale belowe dat hy weer by die Parys-verdrag sal aansluit. Trump het Amerika in 2017 hiervan onttrek.

Biden beplan ook om in sy eerste jaar as president ’n beraad vir demokrasie aan te bied om die wêreld se demokrasieë bymekaar te bring.

Biden het verder in sy 2020-veldtog gesê hy beplan om ‘n veilige 5G-selfoonnetwerk te ontwikkel wat kubermisdaad bekamp en die omgewing beskerm.