BRASILIË. – ’n Meisie (11) is dood toe sy geboorte aan haar vermeende verkragter (43), wie haar na bewering ge”groom” het, se baba geskenk het.
Luidens The Mirror sê die meisie se gesin die man het haar glo vir twee jaar, vandat sy nege jaar oud is, sonder die familie se wete verkrag.
Ouers vind te laat uit
Haar familie het eers begin besef iets is verkeerd toe hulle oplet haar liggaam verander. Hulle het haar vir ’n ondersoek geneem en uitgevind sy was reeds vyf maande swanger. Dit is eers toe wat die meisie vir haar familie vertel het wat gebeur het.
Die meisie het vroeg in kraam gegaan en is tydens die geboorte op 27 October 2020 as gevolg van komplikasies dood. Die baba het oorleef.
Vermeende “grooming”
Na wat berig word is die meisie ge”groom” om te glo sy is in ‘n liefdesverhouding.
Die owerhede is tans steeds opsoek na die verdagte. Die polisie het intussen foto’s van die paartjie bekendgemaak. Lees die oorspronklike artikel hier.
Klik hier vir nog artikels.



