August 5, 2021

Polisiekaptein se keel afgesny

Foto: Germiston City News

VRYSTAAT – Die polisie in die Vrystaat ondersoek tans ’n saak van moord na ’n 57-jarige polisiekaptein se liggaam naby ’n stortingsterrein in Botshabelo gevind is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het om ongeveer 09:00 Dinsdagoggend op sy liggaam afgekom. “Hy het ’n steekwond in sy maag gehad. Sy keel was afgesny,” sê hy.

Die polisie vermoed hy is op ’n ander plek vermoor en sy liggaam is daarna na die terrein geneem.

Enigiemand met inligitng rondom die polisiekaptein se dood, kontak asseblief die Botshabelo-speureenheid by 082 466 8341.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *