Skuif die land dalk na vlak twee?

Suid-Afrikaners vrees dat president Cyril Ramaphosa die week in sy toespraak gaan sê die land skuif na vlak twee. Gerugte oor strenger maatreëls in Suid-Afrika doen die rondte. Watter reëls sal verander indien dit waar is?

Grense vir internasionale

Verbod op reis na die buiteland – Met die aankondiging van vlak een het grense weer oopgemaak en toeriste kon weer in en uit Suid-Afrika reis. Indien die land terugkeer na vlak twee kan die grense vir internasionale reis weer toemaak.

Gee drankverkope op Vrydae – Drank kan nou in vlak een deur die week gekoop word. In vlak twee sal drank net vanaf 09:00 tot 17:00 op Maandae tot Donderdae verkoop word. Restaurante en tavernes sal steeds drank op hierdie tye mag verkoop.

Politieke byeenkomste

Aandklokreël sal vroeër wees – Die aandklokreël sal tydens vlak twee na 22:00 tot 04:00 verkort word en nie 00:01 bly soos vlak een nie.

Slegs 50 mense mag kerkfunksies bywoon – Tydens vlak een mag 250 mense ’n binnehuisbyeenkoms bywoon terwyl 500 mense ’n buitelugbyeenkoms mag bywoon. Indien die land na vlak een terugskuif sal slegs 50 mense ’n kerkfunksie kan bywoon. Politieke byeenkomste kan weer verbied word.

Volg FiND-iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *