September 16, 2021

Moontlike ondersoek van nalatigheid na meisie (8) in rioolwater verdrink

Foto: Facebook (SABC News)

NOORD-KAAP – Bentley Vass, LUR van samewerkende regering, menslike nedersetting en tradisionele sake, het gesê daar sal stappe geneem word as dit aan die lig kom dat nalatigheid die dood van ’n 8-jarige meisie, wat in rioolwater in Griekwastad verdrink het, veroorsaak het.

Die polisie het ’n saak geopen en ondersoek haar dood.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, is die meisie Sondag oorlede toe sy buite in Riemvasmaak gespeel en per ongeluk in die rioolwater daar naby geval en verdrink het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *