Lasbrief uitgereik vir Ace Magashule se inhegtenisname

Foto: TimesLIVE

VRYSTAAT – ’n Lasbrief is vandag uitgereik vir die inhegtenisname van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule.

Dit hou verband met die korrupte asbestose-oudit van R255 miljoen van die Vrystaatse regering. Sewe mense staan reeds in die Bloemfonteinse streekshof op aanklagte van bedrog en 44 van geldwassery tereg.

Die Valke het ’n lasbrief vir Magashule se inhegtenisneming uitgereik. Magashule sal, volgens Lynda Steyn, woordvoerder vir die Valke, Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *