KYK: Steeds hoë sekuriteit by Brackenfell-skool

Deel hierdie storie / Share this story

BRACKENFELL. – Die foto’s wys die sekuriteit wat tans by Hoërskool Brackenfell gehandhaaf word.

Die EFF-lede het Vrydag met optogte uit protes teen ‘n privaat geselligheid van leerlinge van die Hoërskool Brackenfell waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi is nie, begin. Gister het die lede ook by die skool opgedaag waar ouers en gemeenskapslede reeds vir hulle gewag het. Die EFF het na gister se optog belowe hulle gaan vandag weer by die hoërskool opdaag.

Skokgranate gebruik

Die polisie moes gister die twee groepe uitmekaarhou toe ’n geveg tussen ’n EFF-ondersteuner en ’n Brackenfell-man uitbreek het. Die polisie het ook van skokgranate gebruikgemaak om die skare onder beheer te kry.

Foto: SABC News
Foto: SABC News
Foto: SABC News


Volg FiND-iT hier.