Pastoor verkrag glo leerder

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Pastoor (33), wat homself ook as ’n tradisionele geneser voordoen, is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n leerling (20) van een van die hoërskole in die area verkrag het. Die voorval het na bewering gedurende September 2020 by die huis van die verdagte plaasgevind terwyl die slagoffer hom vir ’n konsultasie besoek het.

Die slagoffer het verward geraak en in ’n later stadium besef dat sy deur die man wat sy vertrou om haar te genees, mislei en verkrag is.

Die slagoffer het die voorval op Saterdag 7 November 2020 by die polisie aangemeld en ’n saak van verkragting is geopen. Die aanvanklike ondersoek het begin en die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.

Die polisieondersoeke duur steeds voort.