KIMBERLEY. – ’n Suster wat by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal werk, het mense se harte bly gemaak toe sy ’n baba op haar rug vasmaak het en opgepas het terwyl die man en pa, wat in ’n motorongeluk betrokke was, mediese behandeling ontvang het.
’n Lid van die Facebook-groep, #imstaying, het dit op die blad geplaas en mense het hulle dank uitgespreek.
Een leser het gesê: “Sjoe! Jy is die beeld van wat ’n uitstekende verpleegster is. Sommige doen die werk vir die geld, duidelik vir jou dit is ’n roeping. Jy verdien ’n Bells. LUR Maruping verdien om dit te sien en kyk wat onselfsugtigheid vir sommige verpleegsters beteken. Wanneer die tyd van die toekennings van die RMSH-kompleks aanbreek, is dit om jou te eer omdat jy jou pligte oortref het en die ekstra myl geloop het. Jy verdien dit, die genade van God.”



