August 5, 2021

Hennenman-plaasmoord: Verdagte in sel opgehang

Foto: Pieter en Eddie Hills

VRYSTAAT – ‘n Verdagte in die moordsaak op Hennenman in die Vrystaat is vanoggend opgehang in polisie-aanhoudingselle aangetref.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die 47-jarige verdagte is ure voor sy dood saam met drie ander verdagtes in die Phomolong-nedersetting in verband met die moord in hegtenis geneem.

Pieter Hills, die 56-jarige Swartpan-plaaseienaar, is Donderdag in sy kop geskiet. Eddie Hills, sy 26-jarige seun, is in die rug gesteek en na die hospitaal gejaag vir behandeling.

Makhele sê die ander drie verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *