BRAZIL. -’n Brasiliaanse man (19) het na bewering sy swanger vriendin en haar vriend in haar kar vasgemaak en doodgebrand nadat sy geweier het om ’n aborsie te kry.
Die vriendin was glo reeds vier maande swanger met sy baba. Die polisie in São Paulo, Brasilië, het die 19-jarige man en sy vrou (36), wat ook swanger is en glo gehelp het om die vrou lewendig te verbrand, in hegtenis geneem.
Die paar is verlede Donderdag deur die polisie in hegtenis geneem. Die egpaar het glo erken hulle het die misdaad georkestreer na die vriendin se weiering om die baba te laat aborteer.
Die ondersoekbeampte het gesê hy het nog nooit in so ’n grusame misdaad gesien nie.



