Die klag wat in September teen die 52-jarige vrou wat na bewering ‘n vuurwapen op EFF-lede voor ‘n Clicks-winkel gerig het, is teruggetrek.
Alwyn Griebenow, Diane Atwell se regsverteenwoordiger, het Vrydag aan Maroela Media bevestig die DOV het vasgestel daar het geen strafregtelike oortreding plaasgevind nie en daarom is die saak teruggetrek.
Die voorval het plaasgevind te midde van betogings wat regoor SA gehou is oor ‘n advertensie vir haarprodukte. Lees meer hier.



