Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 712 meer geword. Daar is nou 730 548 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 585 en 660 185 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 893 638 toetse vir die virus doen.



