KYK: Motor vlieg deur die lug

Foto: Skermgreep, Algoa FM

OOS-KAAP. – Die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ‘n motor en sy bestuurder deur die lug gevlieg het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê Sithembiso Sibiya (28) het aan die polisie gesê hy het kort voor middernag sy vriende gaan aflaai en op pad huis toe het die motor ’n sypaadjie getref. Volgens Sibiya het die lugsakke ontplooi en hy het na bewering beheer oor die motor verloor. Dit is toe dat die motor deur die lug vlieg en ’n muur tref.

Govender sê Sibiya het eers mediese behandeling geweier, maar is later na die hospitaal geneem toe hy deur sy ore begin bloei het.

Volg FiND-iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *