Vrou langs taxi gesleep

Deel hierdie storie / Share this story

Pretoria. – ’n Student is glo langs ’n Uber-motor gesleep en haar iPhone gesteel. Sy is twee weke gelede net voor middernag by die kampus van die Universiteit van Pretoria beroof terwyl sy vir ’n Uber gewag het.

Die vrou het glo die Uber sien naderkom, toe ’n tweede man haar selfoon gryp. Sy het haar foon probeer teruggryp en terwyl sy nog aan die foon vasgeklou het, het die motor begin ry. Sy is glo saamgesleep en het beserings aan haar bene opgedoen.

Sy het die saak by Uber sowel as die polisie aangemeld.