Dokter kry agt jaar vir verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Dokter is hier tot agt jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n minderjarige pasiënt gevonnis. Hy het haar drie jaar gelede op 17 Oktober 2017 in sy spreekkamer verkrag. Sy was toe 17 jaar oud.

Dumisani Chauke (55) het die tiener op die ondersoekbed in sy spreekkamer verkrag. Sy kon dit regkry om uit die spreekkamer te vlug en het haar ouers van die voorval vertel.

Chauke is Dinsdag in die Nkowankowa-streekhof skuldig bevind en tot agt jaar gevonnis.