Man verkrag gestremde meisie (14)

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Meisie (14), wat die verstandelike vermoë van ’n driejarige het, was saam met ’n man by haar ouma se huis op Noupoort toe hy haar na ’n slaapkamer dwing en verkrag het.

Dit is volgens kol. Mashay Gamieldien. Gamieldien sê die meisie is voor haar vyfjarige niggie verkrag. Die man het vir die niggie gesê om niemand van die voorval te vertel nie anders gaan hy haar seermaak. Twee dae na die voorval het die niggie haar ouma daarvan vertel.

Die man het Dinsdag in die streekhof op De Aar verskyn en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Volg FiND-iT hier.