GUGULETU. – Sewe mense is dood en twee is gewond na ’n skietery hier losgebreek het.
Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê verslae wys dat onbekende gewapende mans drie vroue en vier mans doodgeskiet het. Volgens Potelwa is twee ander mense beseer en na ’n hospital geneem. Die mense wat in die voorval dood is is, is tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar.
Besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie.
Volg FiND-iT hier.



