KYK: Foto’s en video’s van boervroue se opleiding

Deel hierdie storie / Share this story

’n Groot groep boervroue het onlangs by Bloekomspruit-boerevereniging en -skietbaan bymekaargekom om opleiding te ontvang.

Kalah Combat Noord-Wes, die organisasie wat die kursusse aanbied, het foto’s en video’s van die opleiding op Facebook geplaas en baie sosialemedia-gebruikers het kommentaar gelewer. Baie van die gebruikers het vertel hoe trots die boervroue hulle maak en ander het weer gesê hulle verstaan nie waarom die foto’s en video’s op Facebook gedeel moet word nie.

Die organisasie sê op Facebook: “As ons opleiding in die geheim doen, word ons toegesluit. Ons het niks om weg te steek nie. Daar is nie ’n manier wat enigeen van julle of iemand anders op die foto’s en video’s kan sien wat ons alles doen nie. Plaasaanvallers gaan nie ons tegniek bestudeer en swaarder gewapen ’n plaasaanval uitvoer nie. Plaasaanvallers sal twee keer dink as hulle vermoed ’n boer kry opleiding.”