Bejaarde egpaar tydens huisroof vasgebind

OOS-KAAP. – Die polisie is op soek na verdagtes wat Maandagaand ’n egpaar op ’n plaas op Kirkwoord aangeval en besteel het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die die man (77) en die vrou (73) het by hulle plaashuis aangekom toe hulle deur vyf gewapende mans aangeval is. Volgens Nkohli is die paar gedwing om die huis binne te gaan. Die vrou is na bewering gedwing om die kluis oop te sluit. Nkohli sê die man en vrou is met kabels vasgebind.

Nkohli sê die rowers het van die toneel met twee vuurwapens, vier selfone en kontant gevlug. Die paar het ligte beserings opgedoen en kon hulself bevry. Die polisie is na die voorval ontbied.

’n Saak van huisroof word ondersoek.

Volg FiND-iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *