Vyf dood ná ‘Islamitiese terreuraanval’

Foto: Associated Press

Honderde polisielede is vanoggend in die strate van Wene op soek na die aanvallers wat vir die terreuraanval daar verantwoordelik is.

Ooggetuies het vertel hoe mans met outomatiese wapens die skares mense ingevaar het.

Vyf mense se lewens is in die aanval, wat as ’n Islamitiese terreurdaad bestempel word, geëis.

Karl Nehammer, die minister van binnelandse sake, het inwoners vanoggend vroeg al gewaarsku om uit die strate te bly. Hy het gesê die polisie het een van die aanvallers doodgeskiet wat ’n plofstofgordel aangehad het. Hulle het later vasgestel die gordel bevat nie werklik plofstof nie.

Die polisie het vandag bevestig drie mense het in die aanval omgekom. ORF het later bevestig nog twee mense is dood. Minstens 15 ander is gewond.

Die aanvallers het ses plekke in Sentraal-Wenen aangeval.

Bron: Reuters

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *