Tienerseun by huispartytjie doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP – ’n Tienerseun (16) is Saterdagoggend by ’n huispartytjie doodgeskiet nadat hy vermoedelik in ’n bakleiery met ’n 21-jarige man betrokke geraak het. Die 21-jarige is intussen in hegtenis geneem.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê ’n groep jongmense het vermoedelik by die 21-jarige se huis in Gobe Village in die Oos-Kaap gekuier toe die twee in ’n argument betrokke geraak het.

“Die verdagte het glo ’n vuurwapen tydens die argument uitgehaal en die seun doodgeskiet,” sê hy.

Die verdagte verskyn volgens kapt. Tonjeni vandag in die Centane-landdroshof.