BMW in stukke na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Drie mense het in ’n ongeluk in Roodepoort omgekom.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici op die toneel aankom het hulle ’n BMW is in verskeie stukke gevind. Drie mans het op die toneel aan hul beserings beswyk.

Nooddienste is na verskeie ongelukstonele die naweek uitgeroep.

Vermaak sê nege mense is in twee afsonderlike botsings beseer. Hy sê ses mense is tydens ‘n botsing met drie voertuie langs Robert Broom in Krugersdorp beseer. In ’n ander voorval is ’n voetganger in ’n tref-en-trapongeluk in Vereniging beseer.

Volg Find-it hier.