’n Nege maande oue tweelinge, wat met hul koppe aan mekaar vas gebore is, is suksesvol in ’n 24 uur operasie geskei.
Die tweeling het die 24 uur operasie in die UC Davis-kinderhospitaal in Sacramento, Kalifornië, ondergaan, waar chirurge groot are en breinmateriaal wat die tweeling verbind het, verdeel het en daarna hul skedels gerekonstrueer het.
Die ouers het op 11 weke van die swangerskap uitgevind hulle dogters aan die koppe geheg is en breinweefsel gedeel het, maar aparte breine het.
Craniopagus-tweelinge kom voor in ongeveer een uit elke twee en ’n half miljoen geboortes.
Die chirurgiese-span het maande lank voorberei op die operasie. Hulle het hul groei deur middel van MRI’s en CT-skanderings gevolg en weefseluitbreiders onder die vel van die meisies geplaas om meer vel te laat groei sodat hulle hul skedels kan bedek na die skeiding.
Meer as dertig chirurge het aan die reuse-operasie deelgeneem en was verdeel in spanne wat aan elke tweeling toegewy was.



