Dogtertjie 65 ure na aardbewing gered

Deel hierdie storie / Share this story

’n Meisie (3) is Maandag na 65 ure onder uit ’n ineengestorte gebou in Izmir gered.

Dit volg na die aardbewing in die Egeïese See waar die dodetal tot 85 gestyg het. Elif Perincek is 65 uur nadat die aardbewing die gebied getref het, op ’n draagbaar uit die puin deur ’n reddingspan gehaal. Perincek se twee susters en een broer is Saterdag saam met hul ma gered, maar een van die kinders is daarna dood.

Reddingswerkers het voortgegaan om na oorlewendes te soek in ag geboue in Izmir, waar 83 mense tot dusver dood is. Dit maak Vrydag se aardbewing in Turkye die dodelikste in byna ‘n dekade.

Volg Find-it hier.