WES-KAAP. – ’n Seun is in verband met die moord op Franzlin Willemse (17) in hegtenis geneem.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Sondagoggend ontbied na waar hulle ’n woedende skare aangetref het. Pojie sê die skare het rondom die liggaam van Willemse gestaan. Hy het na bewering steekwonde aan sy bors gehad. Hy is op die toneel deur die paramedici dood verklaar.
’n Nadoodse ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak van die seun se dood te bepaal. Die seun sal na verwagting in die George-landdroshof op aanklag van moord verskyn.



