Mans kaap glo taxi met speelgoedvuurwapen

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Drie mans is in hegenis geneem nadat hulle glo ’n taxi met ’n speelgoedvuurwapen gekaap het.

Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die taxi het twee mans opgetel toe een na bewering ’n geweer uithaal en die bestuurder dwing om na verskillende plekke te ry. Naidu sê die bestuurder is in die agtersitplek gedwing waarna een van die verdagtes die taxi verder bestuur het.

Om uit te spring

Die taxi het gestop en die bestuuder het daarin geslaag om uit te spring en die polisie van die voorval in kennis te stel. Die voertuig is na ’n soektog gevind, asook 10 selfone, ‘n klein bedrag kontant, ‘n speelgoedvuurwapen, klere, handsakke, baadjies en skoene.

Die verdagtes word op aanklag van kaping van ’n voertuig en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangehou.

Volg Find-it hier.