Pasgebore baba in drein gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Pasgebore babadogtertjie is die week deur ‘n gemeenskapslid in ‘n drein gevind. 

‘n Saak van poging tot moord is geopen. Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ‘n persoon wat in die strate van Stellenbosch gestap het, het ‘n baba hoor huil, waarna die baba gekry is.  Van Wyk sê ‘n ambulans is ontbied en die dogtertjie is na ‘n kliniek geneem. 

Die baba is tans in ‘n broeikas en is gesond. Dis nog nie bekend wie die baba se ouers is nie.