Julius Malema, die EFF-leier, het Donderdag buite die Randburg-landdroshof gesê sy party is nie teen wit mense nie.
Dit volg nadat foto’s van sy wit regspan versprei is. Malema het erken dat hy deur wit prokureurs verteenwoordig word. Hy sê die EFF is ’n nie-rassige organisasie en hulle regsverteenwoordigers is nie namens hulle geskies nie.
Groep EFF-ondersteuners
Malema en die EFF-LP, Mbuyiseni Ndlozi, word daarvan aangekla dat hulle in 2018 vir lt.kol. Jacobus Venter op Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand het. Hulle was glo toegang tot die begrafnis geweier. ’n Groot groep EFF-ondersteuners het buite die hof saamgedrom. Malema het hulle na die hofverskyning toegespreek.
Die saak is tot 9 Maart 2021 uitgestel.



