Mobifix gaan groot

Deel hierdie storie / Share this story

Mobifix, die nommer een selfoonwinkel in Kimberley, maak Maandag amptelik sy deure by sy splinternuwe kantore in Dalhamweg oop.

Ruan Stander (25) en Roaan Fourie (29) is ’n gedugte en professionele span wat alles in hulle vermoë doen om jou selfoon so vinnig en so effektief as moontlik te herstel.

“My tweede werk as 20-jarige was by ’n bekende selfoonnetwerk,” vertel Stander. “Ek het van dag een af vir selfone lief geraak en ek het agtergekom ek werk nogal goed daarmee. Ek het toe al besef dis waarin ek al my tyd en moeite wil sit en van daar is ek nog heeltyd in die tegniese rigting doenig.”

Stander het toe kursusse in Bloemfontein bygewoon waar hy opgelei is in die tegniese afdeling én bestuur in die selfoonbedryf.

“Ek is in 2019 die geleentheid gegun om by Mobifix te begin werk en natuurlik het ek dit met beide hande aangegryp. Ons is bevoorreg om in ons nuwe kantore oop te maak.”

Fourie word tans deur Stander opgelei. Hy werk as Stander se assistent en help ook selfone regmaak.

“Ek het nooit gedink dat ek weer in die verkoopswêreld sou werk nie, maar ek geniet dit vreeslik. Ek hou van wat ek nou doen.”

Mobifix se nuwe kantore is op die hoek van Dalham- en Bishopstraat geleë.

Behalwe vir hulle uitstekende diens in selfoonherstelwerk, bied Mobifix ’n wye verskeidenheid van kabels, selfoonskerms selfooncovers, oorfone, luidsprekers en slimhorlosies.

Wanneer jy jou selfoon by Mobifix laat regmaak het, ontvang jy outomaties ’n drie maande waarborg op hulle werk.

As jy ooit enige probleme met jou selfoon ervaar, skakel vir Ruan by 083 325 0577 of WhatsApp vir Roaan by 060 557 1486 of gaan besoek hulle Facebook-blad hier.