Vrou kry op ouderdom 75 graad

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Pumla Ntikinca het op die ouderdom van 75 haar graad in verpleegkunde ontvang.

Afgetrede vroedvrou

Ntikinca wat osteoarthritis ervaar en byna nie haar linkerhand kan gebruik nie, het haar graad binne vyf jaar by die Universiteit van KwaZulu-Natal voltooi. Sy is ’n afgetrede vroedvrou en wil haar jarelange ervaring gebruik om haar beroep as verpleegster uit te leef.

Ntikica se toekomsplanne sluit die voltooiing van ‘n boek wat sy begin skryf het oor haar grootwordtydperk en haar ontwikkeling tot vrouwees, in. Sy sal ook artikels saamstel om aan tydskrifte voor te lê.